Net soos 'n goeie bottel Pinotage is Buite Die Boks ook met trots in Suid-Afrika vervaardig. Kom proe hierdie voorslag mengsel van humor en inspirasie van 'n ander aard.
Buite Die Boks is die pennevrug van die vermaaklikheidskunstenaar, Jacques Volschenk. Hy is ook die aanbieder en met sy unieke styl wat min hom kan naboots kan jy verseker wees vir 'n rondomtalie van vermaak wat die maagspiere lekker sal kielie terwyl jy jou oë nie sal glo nie! Jacques se humoristiese kommentaar en subtiele aanwending van verrassings-elemente, gekombineer met woordspelings, staaltjies en treffende kwinkslae, tipeer Buite Die Boks as enig in sy soort.
Ons kuier lekker met Buite Die Boks dwarsdeur ons pragtige land met sy unieke mense; van die grootste tot die kleinste dorp of stad. Vir 'n potjiekos van humor, vermaak en wysheid vir die gemoed, maak seker jy bring al jou pêlle en loer in.
Moet dit nie misloop nie, want ons kom kuier spoedig in jou dorp! Bring al jou pêlle en kom maak 'n draai.
"TROTS GESKEP IN AFRIKAANS VIR SUID-AFRIKAANSE VERMAAK"
'n Ongelooflike humoristiese vertoning gemik om fokus te verskuif van die gevange denke van die mens in die alledaagse lewe na 'n buite die boks-denkwyse.
Copyright 2008 www.buitedieboks.co.za All Rights Reserved.
Organiseerder(s) bespreek gerus vir optredes in jou dorp.
Alle organiseerders, diensorganisasies, skole en kerke wat Buite Die Boks wil gebruik vir fondsinsameling, skakel ons gerus by 082 438 5763 vir meer inligting. buitedieboks@mweb.co.za