Buite Die Boks

 
Copyright 2008   www.buitedieboks.co.za   All Rights Reserved.
Buite Die Boks spreek tot elke Suid-Afrikaner. Bekende situasies in ons daaglikse lewe word herroep, maar hoe hanteer ons dit en hoe leer ons daaruit? Dis tyd om na onsself te kyk, vir onsself te lag en iets saam met ons te neem.

Die optrede is vindingryk en toegespits op die elemente van menswees, asook die twee perspektiewe waarin ons leef, naamlik die innerlike en die uiterlike. Die eersgenoemde verteenwoordig ons denke, gevoelens en emosies. Die uiterlike perspektief het betrekking op mense en hul invloede, materiële dinge, plekke en dit wat ons as die realiteit ervaar. 

Ons word van kindsbeen af beïnvloed deur sosiale faktore en standaarde en dit word op 'n visuele en humoristiese wyse in die vertoning uitgebeeld.

Dit het tyd geword om introspeksie te doen. Ons bevind ons in 'n milieu van fenomenale moontlikhede waar ons, ons drome kan uitleef. Ons moet tyd vir onsself kan inruim en die eenvoudige, ongekompliseerdheid van menswees geniet. Wanneer ons, ons fokus verskuif na 'n "buite die boks-denkwyse", verdwyn die boks en ons gedagtes is vry.

Buite Die Boks is uniek in die opsig dat die teks met verrassings-elemente gekenmerk word en dus 'n boodskap sporadies uitdruk aan sy gehoor. Dit is enig in sy soort en gaan hand-aan-hand met spitsvondige vermaak op 'n ander vlak.

Hu-mor jou gedagtes met 'n spring buite die boks!