Copyright 2008 www.buitedieboks.co.za All Rights Reserved.
Hans Otto skryf:
Dis nou 'n manier om jou naweek af te skop! Ek en my gesin het dit alles geniet. Die wyn was puik en die show was net wat ek nodig gehad het. DANKIE vir die inspirasie! Ek wou eers nie my kinders saam gebring het nie, maar hulle het dit saam met ons so geniet en gelag vir die snaakse oom op die verhoog dat my dogtertjie se trane geloop het. Dit was wonderlik en ons hoop daar is 'n opvolg.
Debbie Kleinhans skryf:
Ai, dit was sommer lekkerrrrrrrrrrrrr. Baie dankie. Groete
Hanlie Joubert skryf:
Ek is een van daardie mense wat gereeld shows kyk want vir my is kultuur meer as net 'n glasie rooiwyn in die hand. Jou show was uitstekend en soos die poster tereg sê verbasend. Dit was lekker hoe jy met ons as die gehoor kommunikeer en hoe vinnig mens deel raak van die show. Jou verhoogpersoonlikheid is besonders en jy het ons almal lekker laat lag. Ons het almal die aand gate uit geniet. Jy kry by my 'n versekerde tien uit tien en ek sal dit wraggieswaar weer kyk. Dankie dit was LEKKER en verseker een van die heel beste one-man shows vir 2009 in my dagboek.
Hennie en Aletta Steenkamp skryf:
Dankie vir die oulike show, ons het dit geniet en lekker gelag.
Cecilia Hall skryf:
Jy is 'n gebore entertainer! Ek wens die die hele Suid-Afrika kon jou show sien en lekker lag en dae lank nog wonder oor die wyn. Jy is 'n inspirasie vir ons almal.
Esme Janse van Rensburg skryf:
Ek skryf net om te sê ek het jou vertoning Vrydagaand vreeslik geniet. Ons kyk redelik baie vertonings en joune was absoluut verfrissend. Dit was heerlik om net te kon sit saam met my familie en lekker te lag. Ek kan nie wag om jou volgende vertoning te sien nie, maar hierdie keer nooi ek die hele Namakwaland. Sterkte vir die toekoms en ons sien uit om jou weer te sien, miskien by die KKNK volgende jaar.
Mariaan Bester skryf:
Knap gedaan! Ek het die vermaak geniet en is aangeraak met die positiewe boodskap daaragter. Dis maar min dat 'n mens so kombinasie kry. Dankie! Ek sal "Buite die Boks" nie gou vergeet nie.
Izak de Nysschen skryf:
Hierdie is net 'n email om te se dat ek gisteraand se vertoning baie geniet het. Ek sal definitief in die toekoms meer van jou vertonings kom bywoon.
Hennie Vermeulen skryf:
Jacques jy rock ou maat en laat ek vir jou sê, jy skop behoorlik gat met jou show. Ons het lekker gelag en dit vreeslik geniet. Dankie!
Jean MacKenzie skryf:
Bakgat - net te kort. Maar natuurlik, wanneer iets lekker is dan voel dit mos altyd te gou verby.
JY MAG MAAR!
Praat gerus saam en sê jou sê.
Ons luister graag!