Na sy betrokkenheid by verskeie produksies, televisiewerk en optredes, bied die gesoute kunstenaar, Jacques Volschenk, nou met trots Buite Die Boks aan. Wanneer ons buite die boks begin dink, verdwyn die boks en kan ons meer as net die dinge binne in die boks aanskou. Ons horison verbreed en ons word nie vasgevang, soos die spreekwoordelike "Jack in the Box", met negatiewe denke wat lei tot frustrasie, angs en stres nie.
Dis tyd om die boks oop te maak en nie net buite die boks te dink nie, maar ook sommer heeltemal die boks weg te skop!
Buite Die Boks is 'n asemrowende, inspirerende en humoristiese eenmansvertoning met 'n vermaakstyl wat spreek tot elke Suid-Afrikaner. Dis tyd dat ons weer lekker vir onsself en vir ons denke in ons eie taal, kan lag.
Buite Die Boks is enig in sy soort en gaan hand-aan-hand met spitsvondige vermaak op 'n ander vlak.
Dis heeltemal uniek - KLAAR!
Besoek ook gerus sy "Comedy Entertainment" webblad. Kliek hier!…
"TROTS GESKEP IN AFRIKAANS VIR SUID-AFRIKAANSE VERMAAK"
Copyright 2008 www.buitedieboks.co.za All Rights Reserved.