Buite Die Boks
Persvrystellings - Gedrukte Media
 
Copyright 2008   www.buitedieboks.co.za   All Rights Reserved.
  • Hierdie skrywe stel dit ten doel om te dien as informasie wat spesifiek gemik is op die gedrukte media. U kan die onderstaande inligting na gelang van u publikasie wysig. Indien u enige navrae of verdere inligting verlang, is u meer as welkom om met ons in verbinding te tree.







Begeesterde stuk laat denke én lagspiere bokspring

Titel van voorgestelde optrede: Buite Die Boks 
Vervaardig en aangebied deur: Jacques Volschenk
Genre: Volwasse Afrikaanse Komedie - Geen o/10 (Taal)
Tydsduur: ±70 min.

Daar is darem min vertonings wat die draak kan steek met samelewingskwessies én steeds 'n kopskuif by die gehoor kan laat plaasvind. Dis presies wat jy by die humoristiese Afrikaanse eenmansvertoning Buite Die Boks te wagte kan wees. 



Die mens word van kindsbeen af beïnvloed deur sosiale faktore en standaarde en dit word op 'n visuele en humoristiese wyse in die vertoning uitgebeeld. Gevolglik beeld Buite Die Boks nie net die beperking van die mens se denkwyse uit nie, maar ook die bevryding daarvan. Wanneer ons fokus verskuif na 'n buite-die boks-denkwyse, verdwyn die boks en ons gedagtes is vry.

Buite Die Boks is die pennevrug van die vermaaklikheidskunstenaar, Jacques Volschenk. Hy is ook die aanbieder en met sy unieke styl wat min hom kan naboots kan jy verseker wees vir 'n rondomtalie van vermaak wat die maagspiere lekker sal kielie terwyl jy jou oë nie sal glo nie! Jacques se humoristiese kommentaar en subtiele aanwending van verrassings-elemente, gekombineer met woordspelings, staaltjies en treffende kwinkslae, tipeer Buite Die Boks as enig in sy soort.

Ons kan nie verder die aap uit die mou laat nie, maar vir 'n potjiekos van vermaak en wysheid vir die gemoed, maak seker jy loer in en bring al jou vriende saam!

Vir meer inligting besoek gerus die webtuiste by www.buitedieboks.co.za
Verkorte weergawe: 
Hu-mor jou gedagtes met 'n spring buite die boks!
Buite Die Boks laat denke én lagspiere bokspring

Titel van voorgestelde optrede: Buite Die Boks 
Vervaardig en aangebied deur: Jacques Volschenk
Genre: Volwasse Afrikaanse Komedie - Geen o/10 (Taal)
Tydsduur: ±70 min.

Buite Die Boks is 'n eenmansvertoning wat sy gehoor laat ruk en skud van die lag maar terselfdertyd die denke so bietjie ruk en 'regskud'! Dit is die pennevrug van die skrywer en aanbieder, Jacques Volschenk.

Humoristiese kommentaar word gelewer oor die verskeie sosiale kwessies waarmee die mensdom te doen het. Sosiale faktore en standaarde word visueel en humoristies uitgebeeld. Hand-aan-hand met 'n unieke verassings-element, woordspelings, staaltjies en treffende kwinkslae tipeer hierdie vertoning enig in sy soort. Buite Die Boks verseker 'n kopskuif soos min. Wanneer ons fokus verskuif na 'n buite-die-boks denkwyse verdwyn die boks en ons gedagtes is vry.

Kom geniet 'n lekker potjieskos van vermaak en wysheid vir die gemoed en bring jou vriende saam.

Vir meer inligting besoek gerus die webtuiste by www.buitedieboks.co.za
Die logo kan op aanvraag verkry word of regskliek enige logo op ons webblad en kliek die (Save Picture As…) opsie.