Moerse Lekker Biltong-potjie 

Nooi jou pêlle, want dis vingerlek-lekker en spesiaal vir die ouens en girls wat CHOLESTEROL het. Probeer dit maar gerus.

6 Uie
1 Pak sampioene
'n ½ Kilogram lekker biltong. (Nie te vetterig nie)
1 Blik pitmielies
1 Pak, gedraai of skulp, noedels (Gaargemaak)
½ Soetrissie "Green Pepper"
2 Houertjies vars room
'n Redelike stuk gerasperde kaas (hoe meer kaas, hoe blêrrie lekkerder)

1. Braai uie en sampioene tot dit gaar is.
2. Voeg die biltong by.
3. Voeg gaargemaakte noedels by.
4. Plaas "green pepper" en pitmielies bo-op.
5. Rond dit af met 2 houertjies room en baie gerasperde kaas.

Terwyl die potjie prut, kuier lekker saam met jou vriende en geniet 'n botteltjie rooiwyn.
Dis baie vinnig om te maak en as jy dit saam met 'n lekker mengelslaai of enige ander slaai bedien, rek dit nog verder.

Geniet dit!

Hou die koffie en biltong gereed, want Buite Die Boks kom binnekort jou dorp besoek!  
 
Copyright 2008   www.buitedieboks.co.za   All Rights Reserved.